toy-car-accident_100407736_mWanneer Dinge Verkeerd Loop

In ’n volmaakte wêreld sal slegte dinge glad nie gebeur nie. Daar sal geen swaarkry, moeilikheid of probleme en geen ongelukke, beserings, sterftes of verliese wees nie. Maar in die regte wêreld gebeur hierdie dinge ongelukkig elke dag.

Mense word beseer en sterf in motorongelukke, treinongelukke en bootongelukke. Polisiebeamptes, wat ons moet beskerm, rand mense aan en skiet op hulle. Honde, wat gewoonlik die vriendelikheid self is, val mense aan en dokters, wat net probeer help, begaan foute…

 

Kry ’n Vaardige Prokureur

Wanneer dinge verkeerd loop, is die beste wat jy kan doen om oplossings te probeer vind en om dinge beter te probeer maak. Dit geld spesifiek indien jy ’n ernstige persoonlike besering of verlies ervaar het ná die dood van ’n broodwinner. Die beste wat jy dan kan doen (behalwe vir mediese behandeling of berading), is om daarvoor vergoed te word sodat die geld (sover moontlik) jou in dieselfde posisie kan plaas as vantevore.

Maar omdat die eisproses self dikwels ingewikkeld en duur is en regsaksies behels, benodig jy inderwaarheid ’n prokureur wat spesialiseer in persoonlike beserings: ’n prokureur wat jy kan vertrou om jou eis van begin tot einde behoorlik te hanteer.

En dis waar ons inpas, want dit is presies wat ons doen. So haal die las van jou skouers af en skakel ons. As ons kan, sal ons jou help.

Kry wat jou Toekom

Geld sal nooit ’n geliefde moeder of vader wat na jou omgesien het, kan terugbring nie. En dit sal jou ook nie weer heeltemal gesond kan maak nie. Maar dis die enigste manier waarop die wet die onreg kan regstel wat jou aangedoen is. En die rede waarom jy met geld vergoed word, is omdat die skade onherroeplik is en niemand die horlosie kan terugdraai nie.

Ons werk is om te verseker dat jy jou vergoeding ontvang… die volle vergoeding!